Die Karamazof-broers

Die Karamazof-broers

Oorspronklike titelБратья Карамазовы
SkrywerFjodor Dostojefski
LandVlag van Rusland Rusland
TaalRussies
GenreFilosofiese roman
UitgewerThe Russian Messenger (as reeks)
Uitgegee1879–1880; aparte uitgawe in 1880
Voorloper Die sagmoedige
VervolgDagboek van 'n skrywer

Die Karamazof-broers (Russies: Бра́тья Карама́зовы, Brat'ya Karamazovy, [ˈbratʲjə kərɐˈmazəvɨ]) word algemeen beskou as die beste roman deur die Russiese skrywer Fjodor Dostojefski. Die werk het regoor die wêreld byval gevind as 'n meesterstuk in letterkunde en een van die beste romans wat ooit geskryf is. Die boek handel oor 'n moord en die vermoorde man se seuns wat verskeie vlakke van kompleksiteit het. Op 'n dieper vlak is dit 'n sprirituele drama oor die morele stryd tussen geloof, twyfel, rede en vrye wil. Die roman is hoofsaaklik in Staraja Russa saamgestel, wat ook hoofsaaklik is waar die storie afspeel. Dostojewski spandeer 'n groot deel van twee jaar daaraan om die boek te skryf en voltooi dit in 1880. Die boek is in reeksvorm gepubliseer in "Die Russiese Boodskapper". Dostojewski sterf minder as vier maande na publikasie daarvan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search